
=====================================================================
Plaasskole word 'n avontuur (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Plaasskole word 'n avontuur

Leerders van die Primre Skool Hotomskloof by nuwe boeke, speletjies en meubels.
---------------------------------------------------------------------

Ek en my man is gebore Nederlanders. Ons het n sy aftrede as sakeman in Nederland 'n tuiste in Suid-Afrika geskep. N etlike jare in 
Kaapstad het my man verlief geraak op die omgewing van Oudtshoorn. Ons het daarheen getrek en ek het betrokke geraak by die wel en wee van 
drie plaasskole: Hotomskloof en Buffelsdrift in die distrik Oudtshoorn en Avontuur in die Langkloof. Dit gaan hier om twee pre-primre en 
twee primre plaasskole met tussen 20 en 230 leerlinge.

Allereers: waarom wil ek hieroor skryf? Eintlik wil ek baie graag ander aanspoor om gelyksoortige projekte aan te pak. As elkeen in Suid-
Afrika wat in die gelukkige posisie was om 'n goeie opleiding te ontvang, bereid is om een of twee projekte op hul skouers te neem, sal dit 
alte seker oor vyf tot tien jaar pragtige resultate kan lewer!

Ek moet erken ek is pessimisties oor wat in Suid-Afrika op die makrovlak van die nasionale politiek gebeur. Maar ek is erg geesdriftig oor 
wat op grondvlak besig is om te gebeur in duisende en nog eens duisende klein projekte. Ek wil oor "my" projekte skryf, omdat hulle my aan 
die lyf laat ervaar hoe leerkragte van plaasskole met dikwels erg beperkte middele skitterende werk doen om die onderwys en opvoeding te 
verbeter.

Di stukkie is dan ook 'n saluut aan hulle!

Vir die projekte het ek geld ingesamel by familielede en vriende in Nederland. Uit my ervaring blyk dat vir 'n goed deurdagte voorstel en 
'n realistiese plan altyd geld te vinde is. Trouens, die Stichting Madurodam in Nederland het 'n ruim bedrag geskenk.

Wat is met di geld gedoen? Allereers is 'n klein getal boeke gekoop. Verder is die grootste gedeelte van die geld gebruik vir 
opvoedkundige speletjies, vir video's, kassette en nodige meubels.

My werk as bibliotekaresse het verseker dat ek altyd belangstel in die omgang met boeke en kinders en dat ek die belang van boeke en lees 
terde besef. Boeke en lees is pure genot en 'n verrykking vir die gees! Daarnaas sien ek in die onderwys dat die leerproses as spel groter 
klem kry.

Die vermelde plaasskole het begin om 'n beskeie biblioteek in een van die klaskamers te vestig. Dit kan later lei tot 'n soort 
bronnesentrum waarin byvoorbeeld ook video's en ander opvoedkundige materiaal versamel kan word. Uiteindelik kan die klaskamer dan gebruik 
word om 'n rekenaarsentrum te begin.

Met behulp van Biblionef Suid-Afrika, wat reeds 'n paar jaar lank in die Huis der Nederlanden in Pinelands gevestig is en sorg dat 
behoeftige skole boekskenkings in etlike tale kry, is die grondslag vir 'n moderne boekversameling gel.

In 'n tyd soos di waarin 'n skool meer moet wees as 'n leerfabriek, waarin gepraat word oor die vermo om selfstandig te kan werk, om 
lewenskennis aan te leer en om te begryp hoe dinge werk en by mekaar aanskakel, is speel- en oefenmateriaal baie belangrik. Wat is 
lekkerder as om spelenderwys te leer wat begrippe soos die driehoek en die vierkant beteken, en wat meer en minder is, of hor en laer? Wat 
is plesieriger as om te leer wat die hoeke en randjies van 'n legkaart is, die rondheid van 'n bal te ervaar en die hoogte van jou eie 
liggaam te bepaal? Ek dink ook daaraan hoe belangrik dit vir kindertjies is om met krale te kan werk, simmetriese figure, met verskillende 
kleure ensovoort. Alles is 'n oefening in die noukeurige waarneming, die byeenbring en die vind van 'n verband tussen dinge.

Met die skenkersgeld het ons ook gekyk hoe ons die onderwyspersoneel kon help. Ons het katalogusse bekyk en organisasies besoek wat in 
opvoedkundige speel- en leermiddels spesialiseer. Toe is 'n keuse gemaak van 'n basiese versameling hulpmidddels met die oog op die oudste 
groep leerders van die pre-primre skool en groep 1 en 2 van die primre skool.

Di aangevulde en gesorteerde spel- en leermateriaal is nou ter beskikking van die onderwysers in 'n aparte hoek van die 
biblioteek/bronnesentrum. Die onderwysers kan daarvan gebruik maak wanneer 'n behoefte daaraan ontstaan, byvoorbeeld wanneer 'n kind by die 
ander in die klas agterbly. Die speletjies is ook by uitstek geskik vir 'n spelemiddag by die skool soos wanneer iets gevier word. 
Terugvoering van die onderwysers van die drie skole het laat blyk dat die kinders gretig is om self die speletjies te hanteer, hul eie pas 
daaraan te gee en om gesamentlik mekaar se vaardighede te toets. Ek gaan voort om die skole te help om al die opvoedkundige materiaal 
deeglik te verstaan, reg te hanteer en die moontlikhede daarvan verder uit te bou.

Dit is alles nuut en avontuurlik  om so spelenderwys te leer! Paula van Vijfeijken-Zijerveld

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7428.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

